top of page

wat

Première is ʼn inisiatief ondersteun deur die Universiteit Stellenbosch Dramadepartement om die skep van nuwe teaterwerk deur die studente van die Departement aan te moedig. Hierdie produksies mag in enige styl/genre aangebied word, met ‘n tydsduur van tussen 30 – 50 minute. 

Première se doel is om ʼn kultuur van deurlopende artistieke samewerking binne die dramastudentegemeenskap te bevorder deur die skep van nuwe teaterwerk te bewerkstellig. Die klem is op die vervaardiging van produksies van ʼn hoë gehalte in ʼn omgewing wat stimulerend, opwindend, opbouend en inspirerend is. Première bied ook geleentheid vir studenteteatermakers om met industriespelers bande te kweek en om gehoorbewustheid en -bywoning in die breër studentegemeenskap van die universiteit te bevorder. 

 

9-14 Aug 2021
Première_Curtain_Call_270719_Foto_Nardus
bottom of page